Saturday, 7 May 2016

NOËL


Voor ek Graham ontmoet het, was die Karoo vir my altyd ‘n plek waardeur mens noodgedwonge moes jaag om so spoedig moontlik, by die Kaap uit te kom. By Graham het ek geleer om die Karoo te geniet en die mooi daarvan raak te sien.

So vertek ons die oggend na 2009 Kersete, op ‘n onvergeetlike toer deur die Karoo. In die kattebak ‘n koel boks keurig gepak met oorskiet lekkertes van Graham se kookvernuf. 

Die Golden Chariot (Graham se goue ou Audi - letterlik) se wiele sing op die N1 suid, terwyl ons op maat van Baccara (Yes Sir I can boogie) en Rita en Truda aan geroosterde Franse eendbroodjies smul, ‘n aansienlike opgradering van die gekookte eiers en frikadelle van my hetero dae. 

Ons reis via Richmond, Victoria Wes en Prins Albert waar ons storie karakters ontmoet soos die wiskunde onderwyser,  die Professor, 2 oud SAL vlugkelners en die vreesaanjaende Monkey en Muffy (paslik geklee in two-tone).

Op Nuwejaarsdag 2010 ry ons Calitzdorp binne. Met ons aankoms by die Sunflower  Lodge (of so iets, kan nie mooi die naam onthou) vertel ons gasvrou entoesiasties van Noël se orreluitvoering in die plaaslike NG Kerk. Dit gebeur elke aand stiptelik om 18h00 en volgens haar is dit iets wat ons nie durf misloop nie.

Orrel musiek is nou nie juis ons ding nie  en inteendeel, iets waarvoor ek ietwat lugtig is, sedert Mevrou Krog se weeklikse gelol met die kerkorrel in my hoërskool jare. 

Maar altyd op die uitkyk vir nuwe avonture en belewenisse, kry ons nuuskierigheid die oorhand en besluit ons tog om  kort voor 18:00 by die kerk aan te meld en vir onsself te sien waaroor die bohaai gaan.

Dis onheilspellend stil by die oopmaak van die hout kerkdeure. Ons loer versigtig binne en sien ‘n paar mense bo in die gallery. Regs van die bopunt van die trappe staan ‘n yslike orrel met ‘n balon figuur op die orrel stoeltjie,  sy aandag gefokus op die musiekboek voor hom. Sy uitstraling ietwat gloeiend, soos iemand wat sy beste gegee het om die ou jaar vaarwel te roep. 

Toe hy ons gewaar sping hy ineens op en storm reguit op Graham af met ‘n groot glimlag en ‘n blik van verwondering. Graham kry ‘n gulhartige omhelsing en ek, ‘n saaklike handdruk. 

Hy beduie ons om links van die orrel by ‘n paar ander afwagtendes plaas te neem. Stiptelik om 18:00 word almal formeel verwelkom, gevolg deur ‘n kort verduideliking van welke musiek ons te wagte kan wees. 

Wanneer Noël weer voor die orrel sy plek inneem, trek hy met mag en mening op die klawers los, om binne enkele sekondes die volle aandag van elke bevoorregte luisteraar te verower. Die orrelpype basuin met lof die note uit,  die geheel van die leë kerk te vul. Met tye sing hy, sy stem perfek in harmonie met die musiek. 


Dis nie net die brute krag van sy musiek wat bewondering afdwing nie, maar ook sy totale oorgawe daaraan. Met hart en siel speel hy ‘n orrel soos ek dit nog nooit beleef het nie. In die gehoor is iedereen tjoepstil,  gemesmeraais. 

Noël self is totaal meegevoer, op daardie oomblik ‘n wêreldberoemde kunstenaar wat op ‘n gesogte verhoog in Broadway optree, voor ‘n volgepakte gehoor van uitgelese internasionale gaste.

Dit laat my dink aan ‘n aanhaling wat Hanna graag gebruik:

“You create your own reality.”

Die feit dat Noël besig is om op te tree voor ‘n handjievol in ‘n klein Karoo dorpie waarvan baie mense nog nooit gehoor het nie, is vir hom totaal irrelevant. Sy realiteit en optrede is soveel groter as waar hy hom bevind. Hy gee sy beste en ek dink nie dit sou enigsins anders gewees het as hy inderdaad op Broadway opgetree het. 

Ek loop van daardie aand af weg, met hart en siel  verkwik in baie meer opsigte as wat ek my ooit sou kon voorstel.

So dikwels verlang ek om te skryf of iets moois te maak of teken, maar laat al te maklik toe dat my drome lamgelê word deur persoonlike vrese, onsekerhede of dit wat ander daarvan  mag dink, of nie dink nie.

Ek sien onlangs hierdie aanhaling van Andy Warhol:

“Don’t think about making art, just get it done, let everyone else decide if its good or bad, whether they love it or hate it. While they are deciding make even more art."

Van hier af aan wil ek die stories en beelde in my gedagtes gedaante gee, soos Noël daai orrel gespeel het, met hardekoolhout se vuur. 

En of dit ooit verder gaan as my persoonlike Calitzdorp, is in geheel van geen belang. Al wat tel is dat ek die orrel van my siel speel, met die binnewande van my hart.

Saturday, 21 March 2015

SNEEU, NEWCASTLE 1984


My lewe lank sal ek dit altyd onthou. Die gesig van daardie wintersoggend in Newcastle, 1984. Dit het kompleet gelyk of die towerfee oornag alles van die roostuin tot die hele berg agter die huis in 'n winter wonderwêreld omgetower het.

Ek kan skaars my opgewondenheid vir lank genoeg beteuel om my skoene aangetrek te kry, voor ek na buite hardloop. My tekkies girts girts in die poeier sneeu terwyl die laaste sneeu vlokkies stadig en saggies sweef soos 'n feetjie dans.

Met elke sintuig probeer ek om die mooi in te neem. Kyk, vat, ruik en selfs proe. 'n Ongewone stilte heers. Dis of selfs die voëltjies stom is van verbystering. 

Nog nooit in my 14 jaar het ek iets so mooi beleef nie. Die goudgeel suurlemoene het almal Klaas Vakie hoedjes op. Die siersteen muur rondom die swembad wit geversiersuiker soos troukoek. Elke klip, elke boom en elke plant in wit gewaad. Ek verkyk my aan die alwyne, die blomme nog mooier as gewoonlik in teenstelling met die wit sneeukombers wat alles daaromheen bedek.






Dit is die eerste keer wat ek regte egte sneeu sien, vars terwyl dit nog val. Die naaste wat ek nog ooit daaraan gekom het was dagoud sneeu in die berge, 'n ent dorpuit. Vuilgetrap deur die massas ten einde mekaar met sneeuballe te betakel en daarna 'n derderangse poging tot 'n sneeuman op die Cortina se bonnet of dak te bou sodat die agtergeblewenes by die huis ook iets van die sneeu kan sien.

Hierdie sneeu is net myne. Nog niemand het dit met hulle smerige pote betakel nie en ek gaan die hele dag hê om hierdie groot vreugde te geniet en beleef. Geen mens kan immers so 'n mooi dag op die skoolbanke verydel nie.

Opgewonde hardloop ek eetkamer toe om net gou vir Ma te vertel dat ek nie vandag skool toe gaan nie.

Maar Ma laat nie vir haar maklik vertel wat ek gaan doen nie. Haar oë trek skrefies en nog voor ek my sin kan voltooi beduie sy nes oom PW kwaai met haar wysvinger "dis 'n skooldag en jy sal skool toe gaan! Gaan onmiddellik kamer toe en trek vir jou aan. Pa ry oor 10 minute!"

Boos storm ek die trappe op kamer toe. "Jou moer Ma" dink ek by myself. "Vandag sal ek jou wys. Ek sal NIE skool toe gaan NIE. Sleep maar hierdie perd water toe en kyk of jy hom kan maak drink!"

Klaar geontbyt klim ek dikbek saam met Pa in die Toyota bakkie. So amper amper maak ons by die vertrekslag al 'n hengse ongeluk toe die bakkie by die steil oprit afgly en nouliks die pilaar by die ingang mis.

Maar Pa durf nie Ma se bevele verontagsaam nie en versigtig ry ons deur die sneeu tot by die skool, waar Pa my voor die hek aflaai.

Op die skoolgronde verg dit nie veel oortuiging voordat my 3 naaste trawante instem om saam met my skool te verlaat en die beste van die sneeu te maak. Die ontsnappingstog begin byna rampspoedig toe ek met die springslag oor die skoolheining 'n yslike winkelhaak in my broek skeur.

Maar gelukkig bereik ons Wikus se huis sonder verdere insident, waar ons die ogend salig deurbring in kinderlike vervoering. Ons bou 'n sneeuman en gooi mekaar met sneeuballe. Tyd vlieg verby en kort voor lank is dit die einde van die amptelike skooldag en kan ek dit waag om huiswaarts te keer.

Tuisgekom trek ek gou my skoolklere uit en versteek my skoolbroek so diep bo in my kas dat selfs Ma se valk oë dit nie maklik sal raaksien nie.

Die aand verloop sonder enige insident. Ma is kennelik selfvoldaan dat sy klaarblyklik weer daarin kon slaag om my op die regte pad te hou en ek giggel innerlik in die wete dat ek vandag my sin gekry het.

My nagloed word egter die volgende oggend wreed versteur toe ons sommer met die intrapslag deur die skoolhoof ingeroep word. Klaarblyklik het 'n merkbare hoeveelheid kinders dieselfde idee gehad. Die skool was teen kortpouse so leeg dat hulle die deure moes sluit

Die hoof is woedend en maak dit baie duidelik dat elke kind wat sonder permissie van die skool afwesig was gedisiplineer sal word by gebrek aan 'n ouerlike brief waarin 'n aanvaarbare rede vir afwesigheid gebied word.

My hart word yskoud by die aanhoor hiervan. Daar gaan hel wees as ek tuiskom!

Ek knaag daardie aand my naels tot amper binne in die lewe in van rou angs voordat ek die moed kry om die spreekwoordelike bul (of is dit koei?) by die horings te pak.

In plaas van die gebruiklike uittrap tot ek in trane uitbars is ma tot my verbasing uitermate kalm.

Die gesprek eindig met 'n kil "dis reg Pieter, jou brief sal more oggend gereed wees" voor ek verskoon word kamer toe.

Ek moes toe al kon geraai het die Titanic is reguit oppad ysberg toe....

Die volgende ogend stop sy sonder seremonie 'n toegeplakte koevert in my hand met die opdrag om dit vir die skoolhoof te gee. Met die koevert soos 'n warm patat in my hande hou ek my met moeite in tot Pa my aflaai, voordat ek dit oopskeur om te lees wat Ma geskryf het:

"Geagte Mnr van Coller,

Sneeu is baie mooi, maar kinders moet van jongs af leer dat verantwoordelikhede voor plesier gestel moet word.

Ons het Pieter uitdruklik opdrag gegee om skool toe te gaan en sy Pa het hom selfs voor die skoolhek afgelaai. Het het egter besluit om ons te verontagsaam.

Pieter het stokkies gedraai. Dissiplineer hom asseblief na goeddunke.

Die uwe,


(Mev) EH Schoeman"

Ek is heeltemal uit die veld geslaan. Hoe durf sy?

My verbystering word net nog meer intens toe my mededaders hulle briewe vir my wys. Die een moes glo dokter toe, die ander een tandarts toe en nog een het glo maaggriep onder lede gehad.

Hulle Ma's het duidelik nie 'n hart van klip nie.

Die hoof roep al die afwesiges saal toe waar hy al die briewe kollekteer en almal behoorlik roskam.

Gelukkig vir my is ek toe darem nooit ingeroep na sy kantoor om gevolg te gee aan Ma se versoek nie.

Die les wat ek hard en duidelik hieruit geleer het, was dat ek self my probleme moet oplos en dat ek nie op Ma kon staatmaak om my uit die moeilikheid te help nie.

Ek het vir die res van my skooljare dus gesorg dat een van my vriendinne my sieknotas skryf in tye van afwesigheid sonder Ma se medewete. Ma het wel later een van hierdie notas in my wasgoed ontdek, maar dit is 'n storie vir 'n ander keer.

Vir jare vertel ek al hierdie storie en my gehoor is keer op keer merkbaar geskok dat Ma so hard op my kon wees. Ek besef egter nou dat dit juis hierdie lesse was wat Ma my op so 'n harde manier geleer het wat die beginsels van selfstandigheid en om self verantwoordelikheid te dra vir die gevolge van my optrede by my ingeskerp het.

Waar ek al die jare Ma verkwalik het vir die gewraakte brief begin ek nou al meer dink dat ek haar eintlik dankbaar moet wees.














Saturday, 21 February 2015

Ma se tikmasjien


Jare gelede, toe Ma en Pa afgtree het, het Ma alles wat nie in die aftreehuis op Naboom sou pas nie, uitgesmyt. In ‘n seldsame oomblik van besieling (op 27) het ek my oor Ma se Remington tikmasjien ontferm en dié gered van ‘n gewisse tog puinhoop toe. Die tikmasjien is saam my en Hanna in die ou Sentra Richardsbaai toe en het daar iewers gestaan en stof vergaar, tot my eerste midlife crisis my Nederland toe laat vlug het en arme Hanna Johannesburg toe.  Van daar het die ou Remington al die jare by haar gestaan.

In my tweede midlife crisis (2007), voel ek meer en meer ‘n behoefte aan skryf en iewers uit die donker dieptes van my binneste, kom ‘n verlange na ma se Remington by my op. Genadiglik is Hanna steeds lief vir my en willig sy (met die hulp van subtiele sielkundige manipulasie) in, dat Ma se Remington saam my  huis toe kom.

Inderhaas jaag ek Jozi toe om famile te  besoek en die Remington te gaan haal.  Hanna help my om die Remington kar toe te dra. Die ding is swaar en so groot dat ek die Mini se agtersitplek moet platslaan. 

Ek ry terug Durban toe  met ‘n lied in my hart en ‘n smile op my gesig, elke keer as ek dink hoe my vriende gaan reageer as ek hulle my nuwe laptop wys!

Terug in Durban, word die Remington op die eetkamer tafel staan gemaak. Dit lyk so of hy daar staan om elke dag gebruik te word. Dinsdagaand sit ek lank en kyk vir die tikmasjien, verlore in herinneringe van vervloëe dae. Ek sien Ma in Vereeniging voor die tikmasjien. Statig en vier slaan sy die sleutels met volkome elegansie.  Haar keurig versorgde vingers, in ‘n ritmiese dans oor die letters van die alfabet.  Elke nou en dan gly sy die voer roller van links na regs. Sy doen dit so perfek, dat dit deel vorm van die vingerdans. Elke brief is keurig en netjies en word afgerond met Ma se handtekening, wat nog mooier is as die getikte letters.

As 5 jarige kind kon nie baie dinge my wegskeur van my karretjies nie. Maar ek kon ure  lank op die mat lê en kyk hoe Ma die Remington bewerk,  weggevoer deur sien en luister na die mooi getokkel. Soms as Ma nie gekyk het nie, het ek skelm self op die Remington gaan speel.  In my kop was ek iemand wat baie belangrike dinge geskryf het, nes Ma. Maar maak nie saak hoe ek probeer het nie, daar was geen ritme in my vingers en die gevolglike geluide wat uit my molestasie van die Remington gevolg het, was nader aan die gekap van ‘n Houtkapper op Ritilin. 

So onthou ek ook Ma ‘n aantal jare later in Newcastle, waar sy met dieselfde presiesheid en elegansie die amptelike korrespondensie van Coolcor Radiators op die Remington gevoer het.

Ek is so dankbaar om die ou tikmasjien nou by my te hê. Elke oggend as ek afstrompel kombuis toe, sien ek die Remington en dink ek aan Ma. My nooi is in ‘n nartjie, my ouma is in kaneel, gaan die woorde van die ou bekende lied. My Ma is (onder andere) in ‘n Remington, kom ek nou agter.


(2007)









Tuesday, 20 January 2015

DIE GEBOORTE



Ek onthou weinig van my geboorte. Eintlik niks om eerlik te wees. Maar as ek my moet voorstel het dit min of meer as volg verloop:


Dit was 'n smartlike nag op die hoëveld. Donder en bliksem vlek die hemel oop en versteur die rus en vrede van die bewoners van Bethal.

Depressielyers, geestesongesteldes, mielies en graansuiers bewe van die naderende onheil. 'n Belustige kat se onheilspellende gemiaau is in die verte hoorbaar.

Elsabé gil benoud toe haar water breek en die louwarm vrugwater soos 'n klein tsunami by haar 33 jarige dye afstroom. 

Ek moet ophou suip sê Eddie vir homself. Op 38 is hy waaragtig nie lus vir nog 'n vierde bondel skreeuende frustrasie nie. Dis nou die gevolg van 'n bottel brandewyn en 'n roekelose nag van passie op die harde spons matras in Loskop Dam se karavaanpark tydens Paasnaweek.

Elsabé se klein hospitaal tassie staan al vir 'n week klaar in die ingangsportaal, gereed vir die geboorte van haar jongste telg.  Oppad na die voorhuis strompel sy verby die telefoon. Kromgetrek van kraampyne, lui sy met bewende vingers Ouma Bella se nommer.

Op die plaas Weltevreden buite Middelburg het Ouma Bella al vroegdag die onheil voel broei. Sy het kort na oggend koffie 'n baksel beskuit en twee melkterte met gedraaide repies op in die oond gedruk. Hande besighou om die senuwees te bedaar.

Die plaaslyn lui twee langes en 'n korte. So vinnig as wat haar stywe knie dit toelaat storm sy uit die kombuis eetkamer toe om die noodroep te antwoord.

Elsabé is skaars hoorbaar tussen die kontraksies en krakende plaaslyn deur. "Dis tyd" prewel sy deur saamgeperste lippe. Sy plak die gehoorbuis neer terwyl Ouma haar oë opslaan na boven en wonder waar gaat haar hulp vandaan kom. "My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het" troos sy haarself.

Buite ref Eddie angstig die groen Valiant VIP, terwyl hy moerig wonder of hy haar betyds by die hospitaal gaan kry. Aan 'n bevalling in sy nuwe kar het hy geen sin nie.

Die Valliant verdwyn met gillende bande om die hoek.

Klein Eddie is nouliks bewus van al die drama, waar hy agter sy toe kamerdeur lê en fantaseer oor die buurdogter se lekker tiete. Baie ervare vir sy 10 lewensjare. Van sigarette, skelm drink en die buurdogter weet hy baie meer as wat Elsabé haar ooit sal kan indink.

Nadat Isabel die groot verleentheid verwerk het van haar Ma wat 12 jaar na haar geboorte waarragtig al weer swanger is, voel sy opgewonde oor die onafwendbare geboorte van die ou babatjie. Sy hoop dat hierdie kind 'n ligpunt sal word in die donker familie tonnel. Miskien sal hierdie een haar verstaan.

Op 5 het Elmundé al reeds die babakas in die babakamer geinvetariseer. Tot haar skok en ontsteltenis vermoed sy dat die ongeborene al reeds met meer babaklere, poeier, teddies en Fisan Paste bederf word as wat sy ooit gehad het. Sy besef 'n lewe van bittere onregverdigheid lê vir haar voor as die kind eers huistoe kom.

Met 'n ruk en 'n sidder kom die Valliant tot stilstand voor Bethal Hospitaal se ongevalle. 'n Verblindende bliksemstraal gevolg deur 'n oorverdowende donderslag. Die reuk van swael, angs en medisyne hang swaar in die lug.

Twee senuweeagtige portiere hardloop vervaard met 'n rolstoel die Valliant en sy kosbare inhoud tegemoet. Dis half nege die aand op 20 Januarie 1970.

"Vir wat sukkel jy so" brom Eddie terwyl Elsabe moeisaam haar sit probeer kry in die rolstoel.

Dokter Albertyn staan verveeld en wag by die teater ingang. Hoeveel kinders gaat nou nog gebore word voordat hierdie 2 begin geboortebeperking toepas? Miskien is dit tyd vir 'n minder taktvolle weergawe van sy "Voordele van Sterilisasie" gesprek. 

Ondersteun deur Suster Applegryn spring hy onmiddellik aan die slag. Elsabe hyg en haal hortend asem. Suster Appelgryn bring 'n skottel kookwater. Geboorte apparate lê netjies uitgepak in 'n ry naas die teater trollie.

Eddie staan buite die teater. Hy stress en vloek. Soms hoorbaar en soms nie. Verbygangers kyk geskok om wanneer 'n hoorbare "fok" met gereelde tussenpose uitglip.

Dit word 'n pynlike geboorte wat oor etlike ure uitgerek word. Klein Piet wil nie gebore word nie. Dis of hy weet van die opdraande stryd wat vir hom wag. Hy verkies die baarmoeder se beskutting. Sy piepklein gebalde vuisies trek krampagtig saam en klou beangs aan die naelstring vas - sy laaste anker voor hy die koue wrede wêreld moet in.

Dis 'n futiele poging. Sy eerste gewaarwording post geboorte is die helder teaterligte wat sy ogies verblind. Van pure skok begin hy hartstogtelik te huil. En dit sonder die gebruiklike klap. Dis 02h23 op 21 Januarie 1970. 

Die susters neem hom weg. Elsabé huil. Eddie slaak 'n sug van verligting. Buite het die storm eensklaps opgehou. Al wat hoorbaar is, is klein Piet se jammerlike geween wat tot dagbreek sny deur murg en been en broeikas.







Monday, 12 January 2015

Eiffel - vir Sus




Rondom die voete van die Eiffel


het ek jou tone bloed geloop


om en om


straat op en af


sodat ek weer en weer 


en nog een keer


vanuit elke hoek en kant


dié wêreldwonder in kon adem


nooit sal ek Parys besoek


sonder 'n hart vol herinnering


gevul met lof en dank


vir my engel sus


met hart van blomme


deur dik en dun


vreugde en smart


ons liefde 'n toring


wat die aardse pad meer draagbaar maak









Monday, 5 January 2015

Debbie



At North Beach in Durban Debbie worked as a car guard. All the years I lived in Durban I went to North Beach most mornings at daybreak to catch a few early morning waves before work. 

I took great care to ensure that I parked in the section of the parking lot that Debbie guarded. We would always have a pleasant little chat whilst I changed before and after hitting the water.

Debbie was loved by many of the surfers who frequented North Beach. She had an earthiness and gentleness about her that made her easy and pleasant to engage in conversation. 

Debbie worked for a group of car guards who called themselves the Guardian Angels. Not  only did she make sure our cars were always safe, she also kept our car keys which of course you could not take with you into the sea. I regarded Debbie as a special person who made a positive contribution to my every day life.

Debbie had a tough life apparent from the many years of hardship etched on her face. But she always held her head high and welcomed all those who parked in her area with a warm and friendly smile. I don't know much about her history. She once eluded to having been addicted to drugs at some point, but I don't know the details and she clearly overcame that, which must have been quite a painful struggle.




My mother always used to say it does not matter what you do in life as long as you do it properly. And that was what Debbie did. She made a respectable career out of watching cars from which she earned enough to live independently. I gladly paid Debbie every morning since she rendered a service I needed and valued.

One particular morning I got out of the sea to find Debbie very much in a state of distress. In fact she was near to a complete panic. I enquired as to what went wrong? Debbie explained that one of the surfers arrived earlier with his laptop and asked if she would watch it whilst he was in the sea. She felt really uncomfortable since she does not normally take care of laptops, but obliged since it was one of her regular customers who that day for some reason arrived without his car.

She carried the laptop in her arms, but at some point she got really busy and the laptop started feeling very heavy.  She decided to put the laptop down on the back of the bakkie of another customer for a few minutes to just give her arms a break. A few cars further up one of her other customers was leaving and Debbie directed him out of his parking bay. 

And it was exactly at that moment that the owner of the bakkie returned and reversed out of his parking bay. As Debbie turned around from directing her other customer, she saw the bakkie driver driving off with the laptop on the back of his bakkie. Debbie ran screaming and waiving after him, but he was totally oblivious and off he went, unknowingly taking the laptop with him.

Poor Debbie. "What am I gonna say to him" she kept saying over and over. "That laptop costs more than I earn in a month. I am never  going to be able to repay him." 

My heart ached for her. She was so upset and there was nothing much I could do to help her.

I got dressed and went for my coffee at the Wimpy. On my return Debbie had a big smile and looked visibly relieved. It turns out the  bakkie driver noticed the laptop when he arrived home. He immediately drove back to the beach to enquire from Debbie if she knew anything about the laptop.

This all happened before the owner of the laptop finished his surf. By the time he did so, Debbie could with a sigh of relief hand his laptop back to him, he being none the wiser to the recent loss and recovery thereof.  

So I asked from Debbie after all that stress how much did she get paid for looking after the laptop? To which she rather disgustedly replied "R2 thats it"! That was all she got for all the pain and agony she had just been through.

That made me think how often do we take on other people's  problems which knowing very well we should not do? Is it not exactly those professional favours we do, the work for free or at greatly reduced rates that often comes back to haunt us?

Going into the new year I remember the lesson learnt from Debbie and the laptop incident. I will in the year ahead take more care to avoid taking on problems that I should not.

I recently visited Durban and was saddened to learn that Debbie has since passed away. I will always miss her welcoming smile at North Beach, but fortunately the lessons we learn from those we have blessed encounters  with, continue to live in our hearts forever.














Monday, 29 December 2014

Birol



It was the very first morning in Kas, Turkey. The view from the apartment was spectacular. The charming white washed village below, the yacht harbour, the deep blue of  Mediterranian, the bays along the coast and the Greek island Meis in the distance. I could not wait to go and explore.

I walked down the steep and winding road through the village before eventually finding my way to the yacht harbour. The road is slightly elevated above the harbour allowing for a nice a view of the yachts below.

I noticed a man working on a yacht. What drew my attention was the different shades of blue - his light blue overalls with white shirt against the intense blue of the yacht he was working on. He worked with such a strong energy. It seemed like he was cleaning the yacht after just having completed a layer of paint. There was strength in each and every stroke.

I stood for a moment watching him before I took my camera out.







The moment I had him in focus I got totally carried away by the image framed in the lense. I loved the different shades of blue and the energy of this unknown man. I walked closer and closer along the railing until I was right in line with him, hidden somewhat by the leaves of an Oleander tree. I took several photos, before suddenly he became aware of my presence and turned around.

I froze, caught red handed barely ten meters away sneaking photos of a complete stranger.  I thought he would swear at me. But he looked straight at me and instead of swearing he raised his hand and gave me a thumbs up.












It was only at that moment that I noticed his face, severely scarred. But the man smiled, seemingly unperturbed allowing time for me to take a few more shots before returning to what he was busy with.

When I returned to the apartment later that day I downloaded the images to my laptop. I was amazed by the beauty thereof. Viewing the images full screen I became more aware of the extent of the scarring to his face. This was less obvious when looking through the small camera lens.

This humbled me. This man certainly must have had his share of hardship and yet he welcomes a stranger taking unsolicited photographs of him in a clandestine way.

How often do we not have issues with the features that we are born with? A crooked nose, or a too big one, or frown lines or big ears. Each one of us have our complexes  relating to the looks we were given. I for one hate being photographed pretty much for the things in my face I have issues with.

And here is someone who has every reason to not want to have his photo taken and he behaves exactly the opposite to what I would have done, were the roles reversed. 

The next morning I walked past his yacht again and he was again on duty. This time I called him and beckoned at my camera that I wanted to show him the images. He directed me to the entrance so that I could come down to where he was.

Conversation was somewhat of a challenge since he could speak very little English and I have no knowledge of Turkish. He introduced himself as Birol. He wanted to know where I was from and I explained from South Africa - but all he understood was "yes yes Africa....."

I showed him the images on the small screen and tried to explain that I thought they were really beautiful and that I will take them home and show my friends. He looked again long and intensely at the images. Then he looked at me with a big smile and a real sense of pride and said "Birol superstar Africa". 


What a giant of a soul. Not only did he love the images clearly showing his own imperfection, he thought they were well worthy of making him a superstar in Africa. This man made such an impression on me. 

That same day I went to the local photo printer and printed a copy each of the most beautiful images. I placed the photo's in an envelope, wrote on the cover "Birol superstar" and delivered these to him. I did not remain until he opened the envelope. I walked away, my heart touched in a very special way by this stranger with his grateful smile and the lesson he taught me.