Rondom die voete van die Eiffel
het ek jou tone bloed geloop
om en om
straat op en af
sodat ek weer en weer
en nog een keer
vanuit elke hoek en kant
vanuit elke hoek en kant
dié wêreldwonder in kon adem
nooit sal ek Parys besoek
sonder 'n hart vol herinnering
gevul met lof en dank
vir my engel sus
met hart van blomme
deur dik en dun
vreugde en smart
ons liefde 'n toring
wat die aardse pad meer draagbaar maak
No comments:
Post a Comment